Climb Ethic

Kompetisies en integriteit

Wanneer ons kompeteer, hou ons daarvan om as atlete sentraal tot die geleentheid te wees. Ons waardeer organisasies wat klimmers respekteer en volhoubaar bydra tot hul ontwikkeling. Ons hou van reëls wat billik, duidelik en deursigtig is, wat verskillende tipes klim en klimmers respekteer. Ons glo dat die kwaliteit van rotse, roetes, roetesetters, mure, grepe en atlete noodsaaklik is vir klimkompetisies. Ons waardeer ranglyste wat ’n vergelyking van prestasie met integriteit weerspieël, sonder die gebruik prestasie dwelms, kullery, bedrog, manipulasie of korrupsie. Ons werk saam met ons afrigters, opleiers en ander spanlede en amptenare om ’n kultuur van integriteit te bevorder, veral een wat weerstand bied teen prestasie dwelms. Ons is trots op die geleentheid om ons sport te deel met ’n publiek buite ons klimgemeenskap. Kompetisies sal nie bestaan sonder die erfenis van klim nie en ons moet bydra tot die ontwikkeling van klim deur die respek van die waardes.